Episode Details
Back to Episodes
Die Dag Toe Die Vulstasie Opdroog
Season 2
Episode 4
Published 6 days, 3 hours ago
Description
Die hele Koekenaap staan en wag by die vulstasie soos hulle by die kerk nie sal staan en wag nie. Nee by die kerk kom hulle altyd laat, met die uitsondering van tannie Ous want sy wil niks mis loop nie. Jy weet mos hoekom... Die pompe by die vulstasie was alreeds vyf dage laat. Die karre en bakkies van algaar staan stil want daars g'n brandstof nie. Die petrol joggie het al sy bedankingsbrief geskryf...en broer Jan Dohner is in 'n stille oordenking rustig en kalm want so het hy altyd voorraad van die "verskillende vloeistowwe." Maar nou ja, laat evangelis Kerneels Baster vir jou die storie vertel!