Episode Details
Back to Episodes
Monitor 29 Maart 2024
Published 2 years, 1 month ago
Description
Die burgemeester van Ekhuruleni, Sivuyile Ngodwana, word uit sy amp verwyder. Duisende studente se toekoms hang in die weegskaal omdat vier privaat-kolleges se deure moet sluit. Die jongste toerismesyfers wys 'n toename in reisigers na en van Suid-Afrika. Boere in die Oos-Kaap vrees die ergste vir hulle mieliegewasse weens die provinsie se uitermatige droogte.