Episode Details

Back to Episodes
Spektrum 27 Maart 2024

Spektrum 27 Maart 2024

Published 2 years, 2 months ago
Description
Die Belfast- Emakhazeni-verkiesingsdebat is die eerste van 'n reeks gesprekke wat van nou af tot en met die laaste debat in Pretoria op 24 April weekliks by verskeie plekke landwyd sal plaasvind. Die Nkangala-distriksmunisipaliteit is die oorhoofse baas en het beheer oor dorpe soos Machadodorp, nou bekend as Entokozweni, en Dullstroom. Die streek is bekend vir sy forelvisvangdamme en pragtige natuurskoon, wat helaas nou bedreig word deur verskeie mynbedrywighede, sommige daarvan onwettig. Ander probleme wat Belfast teister is gruwelike paaie en riool wat sommer straat afloop, en selfs in die visdamme ingepomp word.
Listen Now

Love PodBriefly?

If you like Podbriefly.com, please consider donating to support the ongoing development.

Support Us