Episode Details
Back to Episodes
Spektrum 2 Julie 2023
Published 1 year, 11 months ago
Description
Kenners praat oor die take wat voorlê vir die nuutaangestelde minister van polisie, Senzo Mchunu. Die Basiese Onderwys-portefeulje word ook onder die loep geneem. Ons vra wat minister Siviwe Gwarube se grootste uitdagings is, in haar nuwe ministersposisie. Die land se kragnetwerk kry 'n addisionele 800 megawatt by ná die aanskakeling van eenheid vyf by die Kusile-steenkoolkragstasie. Verdere verligting vir motoriste by die petrolpompe vandeesmaand. Is Suid-Afrikaners gelukkiger noudat daar duidelikheid is oor die land se uitvoerende gesag? Ons praat met 'n welvaartekonoom oor die jongste geluksindeks.