Episode Details
Back to Episodes
Spektrum 25 November 2024
Published 1 year, 7 months ago
Description
Meer as tien buitelandse burgers is in hegtenis geneem waar reddingsoperasies op Stilfontein in Noordwes voortduur. Meer oor 'n COP29 klimaatsberaad-ooreenkoms wat koolstofkrediete op die globale mark wil koop en verkoop. Huldeblyke stroom in ná die dood van die digter, skrywer, kunstenaar en aktivis, Breyten Breytenbach. Die spertyd vir die herkodering van Eskom se voorafbetaalde kragmeters word verleng. Vyf jong entrepreneurs van Suid-Afrika ding mee in vanjaar se Brics Jong Uitvinder-kompetisie in Sochi, Rusland.