Episode Details

Back to Episodes
Spektrum 2 Desember 2024

Spektrum 2 Desember 2024

Published 1 year, 6 months ago
Description
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party besluit om onafhanklik te staan vir die 2026 munisipale verkiesing. Ons praat met 'n ontleder oor wat dit vir die toekoms van die drieparty-alliansie beteken. Ons kry die jongste nuus uit Noordwes waar nóg onwettige mynwerkers oor die naweek by Stilfontein na die oppervlak teruggekeer het. Meer oor planne vir 'n sentrale register om verbruikers teen die daaglikse vlaag ongewenste smousoproepe te beskerm. Die uittredende president van Amerika, Joe Biden, staan 'n presidensiële kwytskelding aan sy seun toe. Die aangewese president van die VSA, Donald Trump, stuur 'n waarskuwing aan BRICS-lidlande oor dié groepering se planne vir 'n nuwe geldeenheid.
Listen Now

Love PodBriefly?

If you like Podbriefly.com, please consider donating to support the ongoing development.

Support Us