Episode Details
Back to Episodes
Spektrum 14 Januarie 2025
Published 1 year, 5 months ago
Description
Politieke partye en ander belanghebbendes in die onderwys reageer op die matriekuitslae van 2024. Dit is dag twee van reddingsoperasies by die Stilfonteinmyn in Noordwes, waar honderde onwettige mynwerkers steeds ondergronds is. Honderde mense is dakloos gelaat ná swaar reën in Limpopo. Die Oscar-benoemings is vir 'n tweede keer uitgestel weens die brande wat voortvoed in Los Angeles. Die Mededingingskommissie bevind daar is 'n tekort aan mededinging in die varsproduktebedryf.