Episode Details

Back to Episodes
LENIESGIF deur Hendie Grobbelaar

LENIESGIF deur Hendie Grobbelaar

Published 1 year, 5 months ago
Description

Benjamin de Kai is ʼn uitgebrande en ontnugterde liefdesverhaalskrywer wat probeer om ʼn ernstige roman die lig te laat sien. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, dwing hom om by Leniesgif, haar afgeleë familiehuis langs die Kaapse Suidkus, te gaan werk sodat hy kan fokus en sy manuskrip voltooi. Leniesgif is egter die woonplek van ʼn paar spoke, soos Benjamin tot sy ontsteltenis ontdek. Lenie Kruger, haar stiefdogter Hanna, die bekkige Franse matroos Thomas en die pratende hond Goebbels het elkeen ʼn geheim en ʼn versugting om afsluiting. Dan is daar natuurlik die weggesteekte skat, en hoe pas Benjamin in Dania se slinkse plan? Amor Tredoux is die regisseur met Carel Nel die rol van Benjamin vertolk. Lochner de Kock, Ronel Geldenhuys, Conradie van Heerden, Talana Rossouw en Anene Loots voltooi die ensemble.

Listen Now

Love PodBriefly?

If you like Podbriefly.com, please consider donating to support the ongoing development.

Support Us