Episode Details

Back to Episodes
Vers en klank 2 Maart 2021

Vers en klank 2 Maart 2021

Published 5 years ago
Description
Digter Ernest Loth lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, wat hy in die grendeltyd geskryf het. Dr. Jan Daniels skryf in die voorwoord: Uit hierdie Valkenburg ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord 'n eie unieke ervaring daarvan. Dit is moeilik om die gedigte te lees sonder dat dit die leser intens ontroer. Die digbundel spreek tegelyk van waardering en ontluistering, van lief en leed, en van belydenis. Maar dit spreek ook van maskers wat die lewe soms op die mens afdwing – ongevraagd en onverdiend.
Listen Now

Love PodBriefly?

If you like Podbriefly.com, please consider donating to support the ongoing development.

Support Us