Episode Details

Back to Episodes
Vers en klank 4 Mei 2021

Vers en klank 4 Mei 2021

Published 4 years, 10 months ago
Description
Akademikus en digter Bernard Odendaal  gesels oor sy nuutste digbundel, NOOTVAT. KWASHAAL. STAPEL. In sy eerste bundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde land gedebuteer het, besin Bernard Odendaal oor woordkuns, Afrikaans en die voortbestaan daarvan; gedenk hy die heerlikheid én verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde; registreer hy maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou; daar word gedink aan kinders wat in diaspora verkeer. Stemminge, toonaarde en digvorme wissel mekaar af. Joan Hambidge som haar resensie oor hierdie bundel kort en kragtig op: "Slim en ontroerend." Sy sê voorts: "Bernard Odendaal het met sy tweede bundel die noot hoog ingesit, maar nêrens word 'n vals klank geuiter nie. Dit is sterk kwashale wat hier van stapel gestuur word." Of soos Marlies Taljaard haar resensie begin: " 'n Deurwinterde bundel van 'n meesterdigter."
Listen Now

Love PodBriefly?

If you like Podbriefly.com, please consider donating to support the ongoing development.

Support Us