Episode Details

Back to Episodes
KAMMA SPESIALE VRIENDE deur Niel Steenkamp

KAMMA SPESIALE VRIENDE deur Niel Steenkamp

Published 4 years, 3 months ago
Description
Frans en Anita loop mekaar in ’n supermark raak, begin gesels en kom tot die gevolgtrekking dat Frans se weduwee-ma en Anita se wewenaar-pa albei die behoefte het om weer iemand spesiaal te ontmoet. Hulle erken dat hulle ouers baie hardkoppig is en nie ’n ontmoeting met iemand ter wille sou wees nie. Só spreek Frans en Anita toe af om te maak asof hulle op mekaar verlief geraak het, om op dié manier hulle ouers aan mekaar voorgestel te kry. Min weet hulle dat hulle ouers mekaar op skool reeds geken het, maar toe kontak verloor het. In die proses van maak asof, raak Frans en Anita toe régtig verlief op mekaar. Die spelers is Albert Maritz, Jane de Wet, Rolanda Marais en De Klerk Oelofse.
Listen Now

Love PodBriefly?

If you like Podbriefly.com, please consider donating to support the ongoing development.

Support Us